INHOUD

Home

Editor's Letter

TECHNOLOGY

Reinventing the tube

Keeping up with the Times

J-blogging the best of both worlds?

'n Kykie na die veranderende eenoog-koning

MXit worth its moola

Techno impaired

Mobile media: A threat?

PEOPLE

Solo journalism

What the eyes do not see, does grieve the heart

Beautiful journalism

Vrouetydskrifte + die internet = 'n blink toekoms?

Can u sms it 2 me?

Do you get your news?

Die Burger vir die burgers

The artist formerly known as the audience

THE CHANGING ROLE OF THE MEDIA

Rebuilding the Chinese wall

Politici en hul waghonde

ENVIRONMENT

Burning issue: A changing climate, a changing media

Van toeka tot nou: Die 50/50 suksesverhaal

ART

Kort aan kortverhale?

"Teater van die gedagte" se swanesang?

Gevra: 'n drukmedia Harry Potter

Fluit-fluit is die storie uit vir boeke en boekresensies?

SPORT

Wat sport van vol is, loop die pen van oor

Keeping the game alive...with "sportainment"

 

 

Die Burger vir die burgers

Die Burger was geassosieer met apartheid – en toe kom 1994. Die koerant moes herposisioneer vir die eise van ‘n nuwe samelewing – van ‘n mondstuk vir ‘n regering tot ‘n onpartydige koerant vir ‘n gemeenskap. Vania van der Heever het ‘n bietjie gaan rondvra of mense met dié stelling saamstem.

Die Wes-Kaapse dagblad Die Burger is reeds generasies lank vir baie huishoudings ‘n bron van inligting. Die Burger word deur baie Afrikaanssprekendes ongeag van ras gelees. In die meeste winkels in die Wes- en Oos-Kaap is dié koerant die gunsteling op die nuusrakke.

Dit is algemene kennis dat Die Burger ’n mondstuk van die nasionale Party (NP) was. Oor die jare het dit wel van partyblad tot ’n onpartydige koerant ontwikkel.

Anthony Jacobus, ’n onderwyser van Mitchells Plain, is ’n getroue leser van Die Burger vir die afgelope 32 jaar. Die Burger is deel van sy gesin se leesmateriaal. “In die verlede is net ’n paar bladsye aan die bruinmense afgestaan. Dit het verslag gedoen oor nuusgebeure wat ons geraak het. Die Burger het ’n mark in die bruin gemeenskap gehad, omdat Afrikaans die moedertaal van baie van ons is,“ het hy gesê.

Baie van die bruin lesers kan dus met Afrikaans idntifiseer. Sydney Mackenzie (76) van Bishop Lavis koop elke dag dié koerant. Hy was voorheen ’n ondersteuner van die Nasionale Party en al is dié party nie meer aan bewind nie, lees hy steeds Die Burger. “Daar is nie ’n ander koerant wat vir my die nuus kan gee soos dié koerant nie, ook nie die televisie nie. Die koerant het baie verander oor die jare, maar bly die beste.“ Hy meen Die Burger is onpartydig en hy hou daarvan.

Volgens Media24-statistiek van 1999 tot 2007 is bruinmense die grootste lesersgroep van Die Burger. In 1999 het dié koerant 501 000 lesers gehad. Van dié getal was 55.3% bruinmense. Tussen 1999 en 2007 het Die Burger se lesers van 501 000 lesers na 434 000 afgeneem. In 2007 was daar ’n geringe afname onder bruin lesers.

Na 1994 het die rol van Die Burger verander. Dit wou wegkom van hul beeld as ’n mondstuk van die ou regering. Jacobus sê: “As die berigte van die NP-era met vandag se mediastandaarde gemeet word, sou dit as haatspraak en politieke opruiery beskou word.”

Volgens Zelda Jongbloed, adjunkredakteur van Die Burger, lê daar nog baie verandering voor vir dié koerant. “Ons probeer tog om ons aanbod gemeenskapsgerig te maak. Ons is tans besig met ’n aggressiewe plaaslike nuusstrategie wat ons sonering noem. Die doel van ons soneringsaksie is om die unieke verhouding wat Die Burger met sy bestaande mark opgebou het, uit te bou tot sy voordeel en sodoende sake te bemoeilik vir ons mededingers wat ons mark will betree. Die uitdaging is om streek- of gebiedspesifiek te dink en nie sone-gegenereerde kopie op te weeg teen bealngriker en nasionale nuus nie.“

Volgens Jongbloed behels die plan om vyf streekuitgawes met sy eie geur en prikkels elke aand saam te stel. Die soneringsplan is gemik op die Suid-Kaap, Boland, Noord-Skiereiland, Suid-Skiereiland en die metropool. Sy sê Suid-Kaap en Boland se soneringsbeleid word reeds toegepas.

Friede le Roux, navorsingsbestuurder van Die Burger, sê hulle doen moeite om nuus uit sekere gebiede waar daar baie lesers is, aan te bied.

Die verandering is self in die personeel te sein. As ’n mens die koerant oopslaan en na die name van verslaggewers en fotograwe kyk, is dit meer verteenwoordigend. Jongbloed meen dié koerant probeer ook in lyn met die wetlike voorskrifte bly. Die Burger stel meer mense van kleur en vroue aan en probeer hulle in diens hou. “Dit is ’n stryd om opgeleide produksiepersoneel te kry.“

Jongbloed sê 50% van Die Burger se hoofredaksie is mense van kleur. Daar is meer joernaliste van kleur as wit joernaliste in die nuuskantoor. “Ons lewe in ’n land waar dit noodsaaklik is dat wanpraktyke reggestel word.“

Nog ’n fokuspunt vir dié koerant is die multimedia-nuusplatform. Die Burger het ’n aanlyn-webtuiste waar nuusstories eerste gesien kan word. “Sover ek weet, is dié koerant se multimedia-afdeling meer gevorderd as ander koerante,“ het sy gesê. Dié koerant se nuwe “vryvloeimodel” gee lesers die nuus op die webtuiste, in die koerant en nou selfs op hul selfone. “Dié koerant word herontwerp om dit ’n vriendeliker, jonger voorkoms te gee.“

Le Roux beaam dit: “Die Burger gaan beslis nie terugstaan vir enige ander koerant wat die aanvaarding en omarming van nuwe tegnologie betref nie. Ons glo die multimedia-platform is die enigste manier om die toekoms suksesvol aan te pak en ons posisioneer onsself ook so.